Ná verloop van tyd het God Abraham op die proef gestel. “Abraham!” het Hy vir hom gesê; en hy het geantwoord: “Hier is ek.” Toe sê God: “Neem jou seun Isak, jou enigste, wat jy liefhet; gaan dan na die gebied van Moria, en offer hom daar as •brandoffer op een van die berge wat Ek vir jou sal wys.” Abraham het vroeg die oggend sy donkie opgesaal, twee van sy dienaars met hom saamgeneem, en ook sy seun Isak. Hy het die hout vir 'n brandoffer gekloof, gereedgemaak en vertrek na die plek waaroor God met hom gepraat het. Op die derde dag het Abraham opgekyk en die plek in die verte gesien. Toe sê Abraham vir sy dienaars: “Bly julle hier met die donkie! Ek en die seun wil daarheen gaan. Ons wil aanbid en sal dan na julle terugkom.” Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak se skouer gesit; hy het die kole vuur en die mes gevat. So het hulle twee saam geloop. Isak sê toe vir Abraham, sy vader: “Pa!” En hy antwoord: “Ja, my seun?” Toe sê hy: “Hier is die kole vuur en die hout, maar waar is die lam vir die brandoffer?” Abraham het geantwoord: “God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun.” So het hulle twee saam geloop. Toe hulle aankom by die plek wat God vir hom gewys het, het Abraham daar 'n altaar gebou en die hout reggepak. Hy het sy seun, Isak, vasgebind en hom op die altaar neergelê, bo-op die hout. Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag. Maar die •Engel van die HERE het na hom uit die hemel geroep en gesê: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” “Moenie jou hand na die seun uitsteek nie,” het Hy gesê, “en moenie enigiets aan hom doen nie! Want nou weet Ek dat jy vir God ontsag het. Jy het nie jou seun, jou enigste, van My teruggehou nie.” Toe Abraham opkyk, sien hy: Daar is 'n enkele ram wat aan sy horings vasgevang is in 'n bos! Abraham gaan toe en neem die ram. Hy het hom as 'n brandoffer gebring in die plek van sy seun.
Lees Genesis 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 22:1-13
8 Days
Drawing on James Spencer's book titled Useful to God: Eight Lessons from the Life of D. L. Moody, this Bible Plan examines eight characteristics evident in the Scriptures and in the life of 19th century evangelist Dwight Moody (e.g., surrendered, prayerful, humbled, undistracted, and studious). A free guide including these reflections along with activities and additional devotional content is also available for download from D. L. Moody Center.
9 Days
Taken from the book, Giving It All Away…and Getting It All Back Again, David Green, founder and CEO of Hobby Lobby, shares that a generous life pays the best rewards personally, offers a powerful legacy to your family, and changes those you touch.
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
12 Days
Do you ever feel like you’re trapped inside a choose-your-own-adventure book with someone else doing the choosing? Moms are right. Our choices actually do matter—a lot. This Life.Church Bible Plan accompanies Craig Groeschel’s messages into some of the most powerful choices anyone can make. Maybe we can't always pick our own adventures, but we can choose purpose, prayer, surrender, discipline, love, and importance.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's