Galasiërs 5:1-3
Galasiërs 5:1-3 AFR20
Vryheid is waarvoor •Christus ons bevry het! Staan dan vas, en laat julle nie weer onder 'n juk van slawerny indwing nie! Kyk, ek, Paulus, sê nou vir julle: As julle julle laat besny, sal •Christus vir julle waardeloos wees. Ek getuig weer teenoor elkeen wat hom laat besny, dat hy verplig is om die hele wet te onderhou.








