Galasiërs 4:3-7
Galasiërs 4:3-7 AFR20
Net so is dit ook in ons geval: Toe ons nog minderjarig was, was ons as slawe onderwerp aan die elementêre beginsels van die wêreld; maar toe die tyd vervul is, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, sodat Hy dié onder die wet kon loskoop, sodat ons as sy kinders aangeneem kon word. En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun uitgestuur tot in ons harte, die Gees wat roep: “ Abba, Vader!” Jy is dus nie meer slaaf nie, maar seun; en as jy seun is, is jy ook erfgenaam deur God.






