Galasiërs 4:3-11

Galasiërs 4:3-11 AFR20

Net so is dit ook in ons geval: Toe ons nog minderjarig was, was ons as slawe onderwerp aan die elementêre beginsels van die wêreld; maar toe die tyd vervul is, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, sodat Hy dié onder die wet kon loskoop, sodat ons as sy kinders aangeneem kon word. En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun uitgestuur tot in ons harte, die Gees wat roep: “ Abba, Vader!” Jy is dus nie meer slaaf nie, maar seun; en as jy seun is, is jy ook erfgenaam deur God. Maar vroeër, toe julle God nog nie geken het nie, was julle verslaaf aan gode wat in werklikheid nie bestaan nie. En noudat julle God leer ken het – of liewer, noudat julle deur God geken is – hoe is dit moontlik dat julle weer terugdraai na die swak en minderwaardige elementêre beginsels, en weer van voor af daaraan verslaaf wil raak? Julle onderhou vasgestelde dae en maande en tye en jare. Wat julle betref, is ek bevrees dat al my harde arbeid onder julle dalk tevergeefs was.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid