Toe Sefas in Antiogië aangekom het, het ek hom egter openlik teengegaan, omdat hy veroordeeld gestaan het; want voordat sekere mense van Jakobus opgedaag het, het Sefas gewoonlik saam met die heidene geëet, maar toe hulle opdaag, het hy hom teruggetrek en afgesonder, omdat hy bang was vir diegene uit die besnydenis. En die ander Jode het ook saam met hom skynheilig opgetree, met die gevolg dat selfs Barnabas deur hulle skynheiligheid meegevoer is. Maar toe ek sien dat hulle nie die reguit pad loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek voor almal vir Sefas gesê: “As jy wat 'n Jood is, soos 'n heiden leef en nie soos 'n Jood nie, hoe kan jy nie-Jode dwing om soos Jode te leef?”
Lees Galasiërs 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 2:11-14
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's