Ek is verbaas dat julle so gou van Hom wat julle deur die genade van •Christus geroep het, wegdraai na 'n ander evangelie. Daar is nie 'n ander evangelie nie – al is daar sommige mense wat julle probeer verwar, en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar selfs al sou ons, of 'n engel uit die hemel, 'n evangelie aan julle verkondig in stryd met wat ons aan julle verkondig het, laat hom vervloek wees! Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met wat julle ontvang het, laat hom vervloek wees! Probeer ek nou mense tevrede stel, of God? Of soek ek die guns van mense? As ek nog steeds mense se guns sou probeer wen, sou ek nie meer 'n dienskneg van Christus wees nie! Ek wil hê julle moet weet, broers, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie 'n menslike saak is nie; want ek het dit nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar wel deur 'n openbaring van Jesus •Christus.
Lees Galasiërs 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 1:6-12
5 Days
In a football game, there is a third team on the field—a team of officials who get their authority by executing the rulebook. Just as the authority in a football game rests in the rule book the officials use, authority in God’s kingdom rests in His rule book, the Bible. In this five-day reading plan, Dr. Tony Evans will introduce you to bibliology: the study of the Bible.
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's