Esegiël 36:34-38

Esegiël 36:34-38 AFR20

Die land wat verlate was, sal bewerk word, in plaas daarvan dat dit 'n woesteny is ten aanskoue van elke verbyganger. Hulle sal sê, ‘Hierdie land wat verlate gelê het, het soos die tuin van Eden geword. Die stede wat puinhope was, verlate en platgeslaan, is versterk en word bewoon.’ Die nasies wat rondom julle oorgebly het, sal besef dat dit Ek, die HERE, is wat die platgeslane stede opgebou, die verlate land beplant het. Ek, die HERE, het gepraat, en Ek sal dit doen.” “ ‘So sê my Heer, die HERE: “Ook nog dit sal Ek die huis van Israel toelaat om van My te vra dat Ek dit vir hulle doen: Ek sal hulle vermeerder; soos kleinvee sal die mense wees. Soos gewyde kleinvee, soos die kleinvee by Jerusalem in feestye, so sal die stede wees wat in puin lê – vol kuddes van mense. Dan sal hulle besef dat Ek die HERE is.” ’ ”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Esegiël 36:34-38

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid