Esegiël 3:15-21

Esegiël 3:15-21 AFR20

Ek het by die ballinge uitgekom wat in Tel Aviv, langs die Kebarrivier woon; en daar waar hulle woon, daar het ek sewe dae lank tussen hulle gesit, heeltemal verbysterd. Ná die sewe dae het die woord van die HERE tot my gekom: “ Mensekind, as 'n wag stel Ek jou aan vir die huis van Israel. Wanneer jy uit my mond woorde hoor, moet jy hulle namens My waarsku. Wanneer Ek vir 'n goddelose sê dat hy beslis sal sterf, en jy waarsku hom nie, jy praat nie om die goddelose te waarsku teen sy goddelose lewenswyse, sodat hy kan leef nie, sal hy, die goddelose, sterf oor sy sondeskuld; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar jy, as jy 'n goddelose waarsku, en hy bekeer hom nie van sy goddeloosheid en sy goddelose lewenswyse nie, sal hy deur sy sondeskuld sterf, en jy, jy het dan jou eie lewe gered. “Wanneer 'n regverdige van sy regverdige lewe afwyk en onreg pleeg, en Ek 'n struikelblok voor hom neersit, sal hy sterf. As jy hom nie waarsku teen sy sonde nie, sal hy sterf; sy regverdige dade wat hy gedoen het, sal nie onthou word nie. Sy bloed sal Ek egter van jou hand eis. En jy, as jy 'n regverdige waarsku om nie te sondig nie, en hy, die regverdige, sondig nie, sal hy beslis bly leef, omdat hy hom laat waarsku het; en jy, jy het dan jou eie lewe gered.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Esegiël 3:15-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid