Eksodus 8:16-19
Eksodus 8:16-19 AFR20
Die HERE het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron, ‘Steek jou staf uit en slaan die stof op die grond; dan sal dit muggies word in die hele Egipteland.’ ” Hulle het toe so gemaak. Aäron het sy hand met sy staf uitgestrek, die stof op die grond geslaan, en daar was muggies op mens en dier. Al die stof van die land het muggies geword in die hele Egipteland. Die waarsêerpriesters het dit ook probeer doen – met hulle towerkuns muggies probeer voortbring – maar hulle kon nie. Daar was muggies op mens en dier. Toe sê die waarsêerpriesters vir die farao: “Dit is die vinger van God! ” Maar die farao se hart was verhard en hy wou nie na hulle luister nie, soos die HERE gesê het.

