Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Jy mag nie steel nie. Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie. Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, ook nie sy slawe en slavinne, sy beeste en donkies nie – enigiets wat aan jou naaste behoort nie.” Toe die hele volk die donderslae hoor en die weerlig sien, asook die geluid van die •ramshoring, en die berg wat rook, was hulle bang en het gebewe. Hulle het op 'n afstand bly staan en vir Moses gesê: “Praat u met ons, en ons sal luister. Maar God moet nie met ons praat nie, sodat ons nie sterf nie.” Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie, want dit is om julle te toets dat God gekom het, sodat die ontsag vir Hom deel van julle lewe sal wees en julle nie sondig nie.” Die volk het op 'n afstand bly staan, en Moses het nader gegaan na die diepe duisternis waar God was. Die HERE het vir Moses gesê: “So moet jy vir die Israeliete sê, ‘Julle het self gesien dat Ek uit die hemel met julle praat. Julle mag nie gode van silwer en goud maak en naas My vereer nie; julle mag dit nie vir julle maak nie. 'n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop jou •brandoffers en jou •maaltydoffers, jou kleinvee en beeste slag. Op elke plek waar Ek toelaat dat my Naam genoem word, sal Ek na jou kom en jou seën. En as jy 'n altaar van klip vir My maak, mag jy dit nie bou met gekapte klip nie. As jy jou beitel daaroor beweeg, ontheilig jy dit. Jy mag nie met trappe op my altaar klim, dat jou naaktheid daarop ontbloot word nie.’ ”
Lees Eksodus 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 20:14-26
5 Dae
As ek die woord “geregtigheid” verstaan, besef ek dat ek nie deur myself geregverdig kan word nie, maar dat ek alleenlik deur Jesus Christus geregverdig kan word. In hierdie 5-dag-leesplan kyk ons na wat die woord geregtigheid beteken, hoe jy die verkry en hoekom dit nodig is.
6 Days
Addiction, divorce, discontentment, and spiritual emptiness. How do we end up in these messes? It’s like we somehow start following bad advice. This Life.Church Bible Plan is for people who want to do away with the bad and bring on some Good Advice.
9 Days
This plan guides you through the story of the Bible, showing how all sixty-six books combine to form one unified narrative. Weaving together the rich theological truths found in Genesis through Revelation, this 9-day study shows the eternal significance of what God is doing in the world and how He invites us to be a part of it.
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's