Ester 6:4-10

Ester 6:4-10 AFR20

Die koning het gevra: “Wie is in die voorhof?” Haman het pas ingekom na die buitenste voorhof van die koninklike paleis om die koning te vra om Mordegai te hang aan die paal wat hy vir hom gereedgemaak het. Die jong manne van die koning het geantwoord: “Kyk, dit is Haman wat in die voorhof staan.” “Laat hom binnekom,” het die koning beveel. Toe Haman binnekom, het die koning hom gevra: “Wat moet gedoen word met iemand aan wie die koning graag eer wil betoon?” Haman het in sy hart gesê: “Aan wie anders as aan my sou die koning graag eer wil betoon?” Haman antwoord die koning: “Iemand aan wie die koning graag eer wil betoon – vir so iemand moet 'n koninklike kleed gebring word wat die koning self gedra het, en 'n perd waarop die koning self gery het, en wat 'n koninklike hooftooisel op sy kop het. Die kleed en die perd moet gegee word aan een van die vooraanstaande •hoë amptenare van die koning, en hy moet die kleed vir die man vir wie die koning graag wil vereer, aantrek. En hulle moet hom op die perd laat ry oor die stadsplein en voor hom uitroep, ‘So word gemaak met iemand vir wie die koning graag wil vereer!’ ” Die koning het vir Haman gesê: “Maak gou, neem die kleed en die perd soos jy voorgestel het en maak net so met Mordegai, die Jood, wat in die koningspoort sit. Moet niks uitlaat van alles wat jy voorgestel het nie!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid