Prediker 5:16-18

Prediker 5:16-18 AFR20

Selfs al eet hy sy lewe lank in die donker; hy vermeerder net verdriet, sy siekte en die grimmigheid. Kyk, wat ek gesien het, wat goed en mooi is, is om te eet en te drink en te geniet wat goed is by al die inspanning waarmee iemand hom afsloof onder die son gedurende die min lewensdae wat God vir hom gee, want dit is sy beloning; boonop, dit geld vir elke mens aan wie God rykdom en besittings gee en vir wie Hy die geleentheid gee om daarvan te geniet, om dit as sy beloning te ontvang en vrolik te wees by sy inspanning. Dit is 'n gawe van God.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Prediker 5:16-18

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid