Jy het my egter nougeset nagevolg in leer, lewenswandel, voorneme, geloof, geduld, liefde en volharding, in vervolging en lyding, soos wat ek in Antiogië, Ikonium en Listra ervaar het. Watter vervolgings ek ook al verduur het – die Here het my van alles gered! Almal wat godvresend in •Christus Jesus wil leef, sal inderdaad vervolg word. Slegte mense en bedrieërs sal van kwaad tot erger gaan, deurdat hulle ander mislei, en mislei word. Maar jy, bly jy by dit wat jy geleer het en waarvan jy vas oortuig is, omdat jy weet by wie jy dit geleer het, en omdat jy van kleins af die Heilige Skrifte ken wat jou die wysheid kan gee tot verlossing deur die geloof in Christus Jesus. Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.
Lees 2 Timoteus 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Timoteus 3:10-17
8 dae
Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.
9 Dae
Die tweede brief aan Timoteus roep God se mense op om vir God se woord te staan, dit te bewaar, te verkondig en, indien nodig, daarvoor te ly. Reis daagliks deur 2 Timoteus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's