2 Konings 18:9-12

2 Konings 18:9-12 AFR20

In die vierde regeringsjaar van koning Hiskia – dit was die sewende regeringsjaar van Hosea, seun van Ela, die koning van Israel – het Salmaneser, die koning van Assirië, teen Samaria opgetrek en dit beleër. En ná verloop van drie jaar het hy dit ingeneem. In die sesde regeringsjaar van Hiskia – dit was die negende regeringsjaar van Hosea, die koning van Israel – is Samaria ingeneem. Die koning van Assirië het Israel weggevoer in ballingskap na Assirië, en hulle in Galag en aan die Gabor, die rivier van Gosan, hervestig, en ook in die dorpe van Medië. Dit het gebeur omdat hulle nie geluister het na die stem van die HERE hulle God nie en sy verbond oortree het – alles wat Moses, die dienskneg van die HERE beveel het. Hulle het nie geluister nie en dit nie uitgevoer nie.