2 Korinthiërs 2:12-17

2 Korinthiërs 2:12-17 AFR20

Toe ek in Troas aangekom het om die evangelie van Christus te verkondig, en die Here reeds 'n deur vir my oopgemaak het, kon ek nogtans geen gemoedsrus kry nie, omdat ek my broer Titus nie daar aangetref het nie. Daarom het ek toe van hulle afskeid geneem en na Macedonië vertrek. Maar dank aan God, wat ons altyd deur •Christus in sy triomftog meevoer, en die geur van sy kennis op elke plek deur ons versprei. Want ons is 'n aangename geur van Christus aan God, vir dié wat verlos word, én vir dié wat verlore gaan – vir laasgenoemde 'n reuk vanuit die dood tot die dood, vir eersgenoemde 'n geur vanuit die lewe tot die lewe. En wie is hiertoe bekwaam? Ons is nie soos so baie ander wat smous met die woord van God nie; maar ons praat in opregtheid, asof vanuit God, voor God, en dit in Christus.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Korinthiërs 2:12-17

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid