1 Timoteus 4:11-16

1 Timoteus 4:11-16 AFR20

Beveel en onderrig hierdie dinge. Laat niemand op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in gedrag, in liefde, in betroubaarheid, in reinheid. Totdat ek kom, moet jy jou toelê op voorlesing, bemoediging en onderrig. Moenie die genadegawe in jou verwaarloos wat deur profesie aan jou geskenk is toe die raad van ouderlinge jou die hande opgelê het nie. Lê jou toe op hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vordering vir almal duidelik kan wees. Wees noulettend op jouself en die leer; volhard daarin; want sodoende sal jy jouself red en ook hulle wat na jou luister.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Timoteus 4:11-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid