Dawid het in die woestyn, in die bergskuilings, gebly. Daarna het hy in die berggebied van die woestyn van Sif gaan bly. Saul het hom die hele tyd gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie. Dawid het besef dat Saul uitgetrek het om sy lewe te neem. Terwyl Dawid in Goresa was, in die woestyn van Sif, het Jonatan, Saul se seun, gereedgemaak en na Dawid in Goresa gegaan. Hy het hom in die Naam van God bemoedig en vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want Saul, my pa, sal jou nie in die hande kry nie. Jy is die een wat koning sal word oor Israel, en ek self sal tweede in bevel wees. Selfs my pa, Saul, weet dat dit so is.” Nadat hulle twee voor die HERE 'n ooreenkoms gesluit het, het Dawid in Goresa gebly, en Jonatan het na sy huis teruggegaan.
Lees 1 Samuel 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Samuel 23:14-18
12 Days
Leading a small group is about leading people to follow Jesus, right? But what does that look like in real life? We believe it starts with following closely after Him—yourself. The LifeGroups team from Life.Church uncovers leadership principles from the life of David, who God Himself called “a man after My own heart.” Start this Bible Plan today, and take a giant step after God’s heart.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's