Maar Hy sê: “Gaan uit en staan op die berg voor die HERE. Kyk, die HERE sal weldra verbygaan.” Daar was 'n geweldige sterk wind wat die berge geskeur het, wat die rotse verbrysel het voor die HERE; in die wind was die HERE nie. Ná die wind was daar 'n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie. Ná die aardbewing was daar vuur; in die vuur was die HERE nie. Ná die vuur was daar 'n sagte gesuis. Toe Elia dit hoor, het hy dadelik sy gesig met sy mantel bedek. Hy het uitgegaan en by die ingang van die grot gaan staan. Meteens was daar 'n stem wat vir hom vra: “Wat maak jy hier, Elia?”
Lees 1 Konings 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 19:11-13
3 Dae
Kom SAAM op reis met die verhaal van Elia en Elisa. Raak met jou eie verhaal STIL by die Here. En staan STERK in jou lewensstryd.
7 dae
In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree van die pad saam met ons is. Hy sal ons help om deur ons daaglikse uitdagings te navigeer. Hierdie 7 oordenkings kom uit Johann van Zyl se dagboek GOD IS HIER!
8 Dae
So dikwels hoor ons mense sê: "Ek voel of ek in die woestyn is." Mense "voel" God nie, hulle "beleef" Hom nie. Hulle voel verdwaal. Vir sommige is dit weke of maande of jare al wat hulle so voel. Dit voel nie of God naby is nie. Hulle voel verwerp, oorbodig, niks maak sin nie. Is die Bybel ooit die waarheid? Hierdie leesplan behoort jou te help om meer sin te maak van jou situasie.
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's