Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk. Volgens die genade deur God aan my gegee, het ek soos 'n bedrewe bouer 'n fondament gelê, en 'n ander bou daarop. Elkeen moet egter let op hoe hy daarop bou. Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie – dit is Jesus •Christus. Of iemand nou op die fondament bou met goud, silwer, kosbare stene, hout, gras of strooi – elkeen se werk sal duidelik word, want dié dag sal dit aan die lig bring. Deur vuur sal dit geopenbaar word, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk op die proef stel. As iemand se bouwerk behoue bly, sal hy sy loon ontvang. As iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly – hoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen. Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is, en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skade aandoen, sal God hom skade aandoen; want die tempel van God is heilig, en dié tempel is julle. Laat niemand homself bedrieg nie. As iemand onder julle in hierdie wêreld meen dat hy wys is, laat hy dwaas word, sodat hy wys kan word; want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan immers geskryf: “Hy vang die wyses deur middel van hulle eie slinksheid;” en ook: “Die Here ken die redenasies van die wyses, dat dit niksseggend is.” Daarom moet niemand hulle op mense beroem nie. Alles behoort tog aan julle: Of dit Paulus of Apollos of Sefas, of die wêreld, of lewe of dood, of teenswoordige of toekomstige dinge is – alles behoort aan julle. Maar julle behoort aan •Christus, en Christus aan God.
Lees 1 Korinthiërs 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korinthiërs 3:9-23
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson
7 Days
When God calls you to ministry, it can be overwhelming, but it can also be the best thing that ever happens to you. If your heart’s been stirred to plant a church, start here in God’s Word. Dig in to this seven-day reading plan, and find the encouragement you need to step out into God’s calling.
7 dae
Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's