1 Korinthiërs 3:1-9

1 Korinthiërs 3:1-9 AFR20

Wat my betref, broers, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie, maar wel soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies, in •Christus. Ek het julle melk gegee om te drink, nie vaste kos nie, omdat julle nog nie daartoe in staat was nie. Selfs nou is julle nog nie daartoe in staat nie, want julle is steeds wêrelds. Waar daar onder julle afguns en onenigheid is, is julle dan nie wêrelds, en gedra julle julle dan nie soos wêreldse mense nie? Elke keer as een van julle sê, “Ek is van Paulus,” en 'n ander, “Ek van Apollos,” is julle nie wêreldse mense nie? Wat is Apollos nou eintlik? En wat is Paulus? Hulle is dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, soos die Here dit vir elkeen van hulle gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei. Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei. Dit is een wat plant, en dit is een wat natgooi, en elkeen sal sy loon volgens sy eie arbeid ontvang. Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korinthiërs 3:1-9

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid