1 Korinthiërs 14:1-5

1 Korinthiërs 14:1-5 AFR20

Jaag die liefde na, en streef na die gawes van die Gees, veral om te profeteer. Die een wat in tale spreek, praat nie met mense nie, maar met God. Niemand verstaan hom nie; deur die Gees praat hy verborgenhede. Die een wat profeteer, praat egter wel met mense om hulle op te bou, te bemoedig en te vertroos. Die een wat in tale spreek, bou homself op, terwyl die een wat profeteer, die •gemeente opbou. Ek wil hê dat julle almal in tale spreek, maar meer nog dat julle profeteer. Die een wat profeteer, is van groter waarde as die een wat in tale spreek; tensy hy dit kan uitlê, sodat die gemeente daardeur opgebou kan word.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korinthiërs 14:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid