1 Kronieke 23

23
Dienswerk van die Leviete
1 Toe Dawid oud was, ná 'n vol lewe, het hy sy seun Salomo koning gemaak oor Israel. 2Hy het al die leiers van Israel, die priesters en die Leviete byeengebring. 3 Die Leviete van dertig jaar en ouer is getel. Hulle getal – dit is van die manne wat kop vir kop getel is – was agt-en-dertigduisend. 4“Van hierdie groep,” het Dawid gesê, “moet vier-en-twintigduisend toesig hou oor die werk aan die huis van die Here; sesduisend is opsieners en regters; 5vierduisend is poortwagte; en vierduisend moet die Here loof met instrumente wat ek gemaak het om Hom mee te loof.”
6 Dawid het hulle toe in afdelings ingedeel volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merari.
7 Onder die afdeling van Gerson was dit Ladan en Simi.
8Ladan se seuns was Jegiël, die hoof, Setam en Joël – 3.
9Simi se seuns was Selomit, Gasiël en Haran – 3. Hulle was die familiehoofde van Ladan.
10Simi se seuns was Jagat, Sisa, Jeüs, en Beria. Dit was die seuns van Simi – 4. 11Jagat was die familiehoof en Sisa die tweede, maar Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie, en hulle het as 'n familie, as een diensgroep, opgetree.
12 Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël – vier.
13Amram se seuns was Aäron en Moses.
Aäron is afgesonder, sodat hy die besonder heilige voorwerpe kon heilig, voor die Here offers kon verbrand, Hom kon dien, en altyd in sy Naam kon seën. Dit geld vir hom en sy nageslag vir altyd. 14En Moses, die man van God, se nageslag is by die stam van Levi gereken.
15Moses se seuns was Gersom en Eliëser.
16Van Gersom se nageslag was Sebuel die familiehoof.
17Van Eliëser se nageslag was Regabja die familiehoof. Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Regabja was besonder talryk.
18Van Jishar se nageslag was Selomit die familiehoof.
19Van Hebron se seuns was Jerija die familiehoof, Amarja die tweede, Jagasiël die derde, en Jekamam die vierde.
20Van Ussiël se seuns was Miga die familiehoof en Jissija die tweede.
21 Merari se seuns was Magli en Musi.
Magli se seuns was Eleasar en Kis. 22Toe Eleasar gesterf het, het hy nie seuns gehad nie, net dogters. Die seuns van Kis, hulle stamgenote, het toe met hulle getrou.
23Musi se seuns was Magli, Eder en Jeremot – drie.
24 Dit was die seuns van Levi volgens hulle families met die familiehoofde, soos wat hulle kop vir kop ingeskryf is met die getal name – hulle wat die dienswerk vir die huis van die Here moes doen, van twintig jaar en ouer. 25 Dawid het immers gesê: “Die Here, die God van Israel, het vir sy volk rus gegee, en Hy vertoef vir altyd in Jerusalem;” 26en ook wat die Leviete betref: “Die tabernakel en al die toebehore vir sy diens moet nie meer gedra word nie.”
27Ja, in aansluiting by Dawid se laaste opdragte, moes hulle, wanneer die Leviete getel word, twintig jaar en ouer wees. 28 Hulle plek was immers langs die nageslag van Aäron vir dienswerk in die huis van die Here, om te sorg vir die voorhowe en vertrekke, die reiniging van elke heilige voorwerp, as dienswerk in die huis van God, 29en vir die brood gerangskik in rye, die gesifte meel vir die •graanoffer, die ongesuurde platbrode, die bakplaat, die kniewerk, en vir alle inhoudsmate en afmetings; 30en om elke oggend gereed te staan om die Here te dank en te loof, sowel as in die aand; 31en om al die brandoffers vir die Here te bring op die Sabbatte, op die nuwemaansfeeste en op die vaste aantal feestye, telkens voor die Here, volgens die voorskrif daaroor.
32So het hulle dan hulle verpligting by die Tent van Ontmoeting en by die heiligdom nagekom, asook hulle verpligting teenoor die nageslag van Aäron, hulle stamgenote, as dienswerk by die huis van die Here.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid