1 Kronieke 1

1
Vanaf Adam tot Abraham
(Gen 10:2-10)
1 Adam, Set, Enos, 2Kenan, Mahalalel, Jered, 3Henog, Metusalag, Lameg, 4Noag, Sem, Gam en Jafet.
5 Jafet se nageslag was Gomer en Magog, Madai, Jawan, Tubal, Meseg en Tiras.
6Gomer se nageslag was Askenas, Difat en Togarma.
7Jawan se nageslag was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en Rodaners.
8 Gam se nageslag was Kus, Egipte, Put en Kanaän.
9Kus se nageslag was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabtega.
Rama se nageslag was Skeba en Dedan.
10Kus was die vader van Nimrod. Hy was die een wat begin het om as maghebber op aarde op te tree.
11 Egipte was die voorvader van die Ludeërs, die Anameërs, die Lehabeërs, die Naftugiete, 12en van die Patrosane en die Kaslugiete, uit wie die Filistyne voortgekom het, en van die Kaftorane.
13Kanaän het Sidon verwek, sy eersgeborene, en ook Het, 14en die voorvader van die Jebusiete, die Amoriete, die Girgasiete, 15die Hewiete, die Eregiete, die Siniete, 16die Arwadters, die Semariërs en die mense van Hamat.
17 Sem se nageslag was Elam, Assur, Arpagsad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Meseg.
18Arpagsad het Selag verwek,
en Selag het Heber verwek.
19Vir Heber is twee seuns gebore. Die een se naam was Peleg, want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak, en sy broer se naam was Joktan.
20Joktan het Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, 21Hadoram, Usal, Dikla, 22Ebal, Abimael, Skeba, 23Ofir, Gawila en Jobab verwek.
Hulle almal was die nageslag van Joktan.
24 Sem, Arpagsad, Selag, 25Heber, Peleg, Reü, 26Serug, Nahor, Tera, 27Abram – dit is Abraham.
Abraham se nageslag
28 Abraham se seuns was Isak en Ismael. 29Hier volg hulle familiegeskiedenis: Nebajot was die eersgeborene van Ismael, daarna Kedar, Adbeël en Mibsam, 30Misma, Duma, Massa, Gadad en Tema, 31Jetur, Nafis en Kedma. Hierdie manne was die nageslag van Ismael.
32 Die nageslag van Ketura, Abraham se byvrou: Sy het Simran in die wêreld gebring, ook Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Joksan se seuns was Skeba en Dedan, 33en Midian se seuns was Efa, Efer, Ganog, Abida en Eldaä. Hulle almal was die nageslag van Ketura.
34 Abraham het Isak verwek.
Isak se seuns was Esau en Israel.
35 Esau se seuns was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.
36Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefi, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.
37Reüel se seuns was Nagat, Serag, Samma en Missa.
38Seïr se seuns was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.
39Lotan se seuns was Gori en Homam. Timna was Lotan se suster.
40Sobal se seuns was Aljan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.
Sibon se seuns was Aja en Ana.
41Ana se seun was Dison.
Dison se seuns was Gamran, Esban, Jitran en Keran.
42Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Jaäkan.
Disan se seuns was Us en Aran.
Regeerders van Edom
43 Dit is die konings wat in die land Edom regeer het voordat 'n koning oor die Israeliete regeer het:
Bela was die seun van Beor, en die naam van sy dorp was Dinhaba.
44Bela het gesterf, en Jobab het koning geword in sy plek. Jobab was die seun van Serag, uit Bosra.
45Jobab het gesterf, en Gusam, uit die gebied van die mense van Teman, het koning geword in sy plek.
46Gusam het gesterf, en Hadad, seun van Bedad, wat Midian in die gebied van Moab verslaan het, het koning geword in sy plek. Die naam van sy dorp was Awit.
47Hadad het gesterf, en Samla uit Masreka het koning geword in sy plek.
48Samla het gesterf, en Saul uit Regoboot-Hannahar het koning geword in sy plek.
49Saul het gesterf, en Baäl-Ganan, seun van Agbor, het koning geword in sy plek.
50Baäl-Ganan het gesterf, en Hadad het koning geword in sy plek. Die naam van sy dorp was Pai, en sy vrou se naam was Mehetabel, dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.
51Hadad het gesterf.
Daarna was daar die volgende stamhoofde in Edom:
stamhoof Timna,
stamhoof Alja,
stamhoof Jetet,
52stamhoof Oholibama,
stamhoof Ela,
stamhoof Pinon,
53stamhoof Kenas,
stamhoof Teman,
stamhoof Mibsar,
54stamhoof Magdiël,
stamhoof Iram.
Dit was die stamhoofde van Edom.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid