My Sterkte en my Skild: Vir dié wat Beskerm en Dien
7 Dae
Hierdie 7-dagleesplan deur Doxa Deo is bedoel vir polisiebeamptes, soldate, verkeersbeamptes, korrektiewe beamptes, sekuriteitswagte, gewapende reaksielede, en elke persoon wat daagliks hulself in gevaar plaas om ander te beskerm. Navorsing onder dienslede rig elke dag se fokus op die hoofonderwerpe wat sekuriteitsdienste se welstand bedreig, en verseker hulle van die Liefde en Barmhartigheid wat die Here oor hul lewens verklaar!