Hooglied 6

6
Ons sal saam met jou soek
1Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue,
waarnatoe het die man gegaan vir wie jy lief is?
Waarnatoe is die man vir wie jy lief is?
Ons sal saam met jou soek.”
Hy het afgegaan na sy tuin
2Sy sê: “Die man vir wie ek lief is,
het afgegaan na sy tuin,
na die kruie-tuin, om soos 'n takbok
in die tuine te wei
en om blomme te pluk.
3Ek behoort aan die man vir wie ek lief is,
en hy is myne, hy wat tussen die blomme wei.”
Jy is so mooi dat ek bang word vir jou
4Hy sê: “My liefste, jy is so mooi
soos die stad Tirsa,
so mooi soos die stad Jerusalem,
so mooi dat ek bang word vir jou.
5Jy moenie na my kyk nie,
jou oë maak my senuweeagtig.
Jou hare is soos 'n trop bokke
wat afkom teen Gilead-berg.
6Jou tande is so wit soos 'n trop skaap-ooie
wanneer iemand hulle gewas het.
Elke ooi het tweeling-lammers,
en almal het lammers.
7Jou wange is soos stukke granaat
agter jou sluier.
8“Die koning het 60 vroue en 80 byvroue
en so baie jong vroue dat 'n mens hulle nie kan tel nie.
9Maar daar is net een vrou soos sy,
sy is my duif,
alles aan haar liggaam is perfek.
Sy is die enigste dogter van haar ma,
sy is die een vir wie haar ma baie lief is.
Wanneer die ander jong vroue haar sien,
dan sê hulle sy is gelukkig,
die vroue en die byvroue van die koning prys haar.
10Hulle sê: ‘Wie is dit wat na ons toe kom
soos 'n nuwe dag, so mooi soos die maan,
so helder soos die son?
Sy is so mooi dat ons bang word vir haar.’ ”
11Hy sê: “Ek het na die neute-tuin gegaan
om te kyk na die groen plante in die vallei,
om te kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry
en of daar blomme aan die granaatbome is.
12Ek weet nie wat met my gebeur het nie.
Dit het gevoel of sy my laat ry
op my volk se beste oorlogkarre.”
13Die vroue sê: “Sulammitiese vrou,
jy moet terugkom, jy moet terugkom!
Jy moet terugkom, jy moet terugkom,
ons wil jou sien!”
Sy sê: “Hoekom wil julle kyk na my,
die Sulammitiese vrou,
hoekom wil julle kyk wanneer ek dans
in die soldate-kamp?”

Tans Gekies:

Hooglied 6: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid