Wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle vir die Here vra om goed te wees vir hulle, julle moenie vir Hom vra om hulle te straf nie. Wanneer ander mense bly is, dan moet julle saam met hulle bly wees. Wanneer hulle hartseer is, dan moet julle saam met hulle hartseer wees. Julle moet altyd gereed wees om saam te werk met mekaar. Julle moenie dink dat julle baie belangrik is en dat julle nie by mense kan wees wat nie so belangrik soos julle is nie. Julle moenie dink julle weet alles nie. Wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie ook slegte dinge aan hulle doen nie. Julle moet goeie dinge doen. Al die mense moet dink dit is goeie dinge. Julle moet baie hard probeer om in vrede te lewe met ander mense. Liewe vriende, wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie self vir hulle straf nie. Julle moet wag, God sal hulle straf, want in die Ou Testament is geskryf: Die Here sê: Dit is Ék wat mense sal straf oor wat hulle verkeerd gedoen het. Maar daar is ook geskryf: Wanneer jou vyande honger is, dan moet jy vir hulle kos gee om te eet, en wanneer hulle dors is, dan moet jy vir hulle iets gee om te drink. As jy dit doen, dan sal hulle baie skaam word, hulle sal nie meer jou vyande wil wees nie. Jy moenie dat slegte dinge jou oorwin nie. Jy moet goeie dinge doen, sodat jý die slegte dinge kan oorwin.
Lees Romeine 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 12:14-21
4 Days
God loves you. Whoever you are, wherever you are in your life, God loves you! In this month, when we celebrate love, don't forget that God's love for you is greater than every other love. In this four day series, immerse yourself in God's love.
5 Days
These are unprecedented times for those of us who are alive on planet earth at this moment. Historically, we can find hope if we turn to the One who made it all and is Lord of all. What does the Bible say about why these things happen, what is God’s response to it, and what is my hope in life and death?
The world’s peace is different from God’s peace. Worldly peace is temporary and dependent upon circumstances. God’s peace offers a permanent solution, which is salvation through Jesus and His presence in our lives. In this Plan, we’ll dive into what God’s peace truly means and how we can experience it in our lives.
With eight billion people living in the world, there’s no one who will completely agree with you on everything. Our viewpoint on social injustices, politics, current events, and religion is uniquely ours. But even in our differences, we can and should find common ground. In this 5-day Plan, you’ll learn how to love, respect, and empathize with people by speaking truth with grace and gentleness.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's