Psalms 54

54
My Here beskerm my lewe
1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Lied van Dawid 2 toe die Siffiete vir Saul gaan sê het dat Dawid by hulle wegkruip.
3O God, U self moet my red,
U is sterk, U moet vir almal wys dat ek onskuldig is.
4O God, U moet luister na my gebed,
U moet doen wat ek vir U vra,
5want mense wat ek nie ken nie, wil my aanval,
wrede mense wil hê dat ek moet sterf.
Hulle maak of daar nie 'n God is nie.
6Hulle moet weet dat dit God is wat my help,
my Here beskerm my lewe.
7Hy sal aan my vyande die slegte dinge doen
wat hulle aan my wou doen.
O God, U doen altyd wat U self besluit,
U moet hulle vir altyd stil laat word.
8Ek sal 'n offer bring wat U nie gevra het nie,
ek sal vir U dankie sê, Here, want U is goed.
9Want U het my gered uit elke gevaar,
ek het gesien my vyande lê voor my.

Tans Gekies:

Psalms 54: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid