Psalms 143

143
Ek steek my hande uit na U
1'n Psalm. Van Dawid.
Here, U moet luister na my gebed,
U bly dieselfde,
U moet hoor wanneer ek soebat.
U doen altyd reg, U moet my antwoord.
2U moenie vir my, u dienaar, oordeel nie,
want niemand is onskuldig
wanneer hy voor U staan nie.
3My vyande jaag my,
hulle trap my in die grond in,
hulle laat my in die donker sit
soos iemand wat lank gelede dood is.
4Ek is moedeloos en ontsteld.
5Ek dink aan lank gelede,
ek dink oor alles wat U gedoen het,
ek dink oor alles wat U gemaak het.
6Ek steek my hande uit na U,
ek verlang na U
soos 'n droë land verlang na water.
Sela
7Here, U moet my gou antwoord,
ek verlang baie na U.
U moet kyk hoe dit met my gaan,
ek is soos iemand wat besig is om te sterf.
8U moet elke oggend vir my sê
dat U sal doen wat U belowe het,
want ek glo dat U my sal help, nét U sal help.
U moet vir my sê hoe ek moet lewe,
ja, ek bid en vra dit vir U, nét vir U.
9Here, U moet my red van my vyande,
ek vra dat U my moet beskerm.
10U moet vir my leer om te doen wat U wil hê,
want dit is Ú wat my God is.
U is goed, U moet my op 'n gelyk pad laat loop.
11Here, ek behoort aan U,
U moet my laat aanhou lewe.
U doen altyd reg,
U moet my vrymaak, want ek kry baie swaar.
12U doen altyd wat U belowe het,
U moet my vyande vir altyd stilmaak,
U moet hulle doodmaak,
want ek is u dienaar.

Tans Gekies:

Psalms 143: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid