Spreuke 9

9
Die wysheid is soos 'n vrou wat haar huis gebou het
1Die wysheid is soos 'n vrou
wat haar huis gebou het,
'n huis wat sewe pilare het.
2Toe het sy skape geslag
en sy het wyn gemeng met kruie
en die tafel gedek.
3Sy het haar jongmeisies gestuur
om op die hoogste plek in die stad te staan
en hard te sê:
4“Almal wat baie min weet,
julle moet hiernatoe kom.”
Sy het vir die mense wat nog baie moet leer,
gesê:
5“Julle moet by my kom eet
en julle moet kom drink van die wyn
wat ek gemeng het met kruie.
6Julle moet ophou om baie min te weet,
sodat julle kan lewe,
julle moet verstandig word.”
As jy wysheid het, dan sal jy lank lewe
7Wanneer jy vir iemand iets wil leer,
iemand wat altyd wil spot,
dan sal hy miskien vir jou lag.
Wanneer jy vir iemand wat verkeerd lewe,
wil leer wat hy moet doen,
dan sal hy miskien vir jou seermaak.
8Daar is mense wat altyd wil spot,
jy moenie probeer om vir hulle te leer
wat hulle moet doen nie,
hulle sal jou haat.
Wanneer jy vir 'n wyse mens wil leer
wat om te doen,
dan sal hy lief wees vir jou.
9Wanneer jy vir 'n wyse mens iets leer,
dan kry hy meer wysheid.
Wanneer jy vir 'n mens wat reg lewe,
iets leer, dan weet hy nóg meer.
10Wanneer jy die Here respekteer en dien,
dan begin jy wysheid kry.
Wanneer jy die heilige God ken,
dan is jy verstandig.
11As jy wysheid het, dan sal jy lank lewe,
jy sal baie jare lank lewe.
12As jy wysheid het,
dan sal jou wysheid altyd vir jou help.
As jy iemand is wat altyd wil spot,
dan sal niemand jou help nie.
Die dwaasheid weet nie om iets reg te doen nie
13Die dwaasheid is soos 'n vrou
wat hard praat,
sy het nie mooi maniere nie,
sy weet baie min,
sy weet nie hoe om iets reg te doen nie.
14Sy sit by haar huis se deur,
sy sit op haar stoel op die hoogste plek
in die stad,
15en sy roep al die mense wat verbykom,
die mense wat reguit verbyloop.
16Sy sê die mense wat baie min weet,
moet na haar toe kom,
sy sê vir die mense wat nog moet leer:
17“Water wat jy steel, smaak soet,
kos wat jy skelm eet waar niemand jou sien nie,
is lekker.”
18Maar hulle weet nie dat haar huis die plek is
waar die dooie mense woon nie,
hulle weet nie dat die mense
wat na hierdie vrou toe gaan,
in die doderyk is nie.

Tans Gekies:

Spreuke 9: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid