Numeri 34

34
Die grense van die land
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Jy moet vir die Israeliete sê: Julle sal die land Kanaän kry, die hele land tot by sy grense.
“Wanneer julle in die land gekom het, 3dan moet die grense só wees: Die suidelike grens moet wees van die Sin-woestyn tot teen die land Edom. Die suidgrens moet begin langs die oostelike strand van die Sout-see, 4en dan moet die grens draai suid van Skerpioen-pas en verder gaan tot by Sin. Dan moet die grens suid van Kades-Barnea verbygaan tot by Gasar-Addar en verder tot by Asmon. 5Daar draai die grens en dit gaan na Egipte-spruit en tot teen die see.
6“Die wesgrens moet die Groot See wees.
7“Die noordgrens moet by die Groot See begin en met 'n reguit lyn gaan tot by Hor-berg 8en van daar met 'n reguit lyn tot by Lebo-Hamat. Verder moet die grens gaan tot by Sedad, 9en dan verby Sifron tot by Gasar-Enan. Dit moet julle noordgrens wees.
10“Die oosgrens moet van Gasar-Enan met 'n reguit lyn gaan tot by Sefam, 11dan tot by Ribla, oos van Ajin, en verder langs die strand oos van die see van Gennesaret, 12en teen die Jordaan-rivier tot by die Sout-see.
“Dit moet die grense van die land wees.”
13Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle moet verdeel tussen nege en 'n halwe stamme, soos die Here gesê het. 14Want die families van die Ruben-stam en die Gad-stam en die een helfte van die Manasse-stam het klaar hulle grond gekry.
15“Die twee en 'n halwe stamme het hulle grond gekry oos van die Jordaan-rivier, oorkant die stad Jerigo.”
Die manne wat die land moet verdeel
16Die Here het vir Moses gesê: 17“Die manne wat die land moet verdeel, is die priester Eleasar en Josua seun van Nun, 18en saam met hulle moet julle een leier neem uit elke stam, hulle moet die land verdeel. 19Die leiers is:
“Kaleb seun van Jefunne
vir die Juda-stam,
20Samuel seun van Ammihud
vir Simeon,
21Elidad seun van Kislon
vir Benjamin,
22Bukki seun van Jogli vir Dan,
23vir die Josef-stamme
Ganiël seun van Efod
vir Manasse,
24en Kemuel seun van Siftan
vir Efraim,
25Elisafan seun van Parnak
vir Sebulon,
26Paltiël seun van Assan
vir Issaskar,
27Agihud seun van Selomi
vir Aser,
28en Pedael seun van Ammihud
vir Naftali.”
29Die Here het hierdie manne gekies om die land Kanaän te verdeel vir die Israeliete.

Tans Gekies:

Numeri 34: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid