Markus 5:25-29

Markus 5:25-29 ABA

Daar was 'n vrou wat twaalf jaar lank siek was. Sy het aangehou bloei. Sy het baie swaar gekry. Sy was by baie dokters en sy het alles wat sy gehad het, gegee om hulle te betaal, maar dit het nie gehelp nie. Sy het nog sieker geword. Sy het van Jesus gehoor en sy het van agter gekom, tussen die klomp mense deur. Sy het aan Jesus se klere geraak. Sy het gedink as sy net aan Jesus se klere kan raak, dan sal sy gesond word. Sy het dadelik opgehou bloei en sy het geweet haar liggaam is gesond.

Video vir Markus 5:25-29

Gratis leesplanne en oordenkings oor Markus 5:25-29