Markus 2:23-28

Markus 2:23-28 ABA

Jesus en sy dissipels het op 'n Sabbatdag deur 'n koringland geloop. Terwyl hulle loop, het sy dissipels begin om koring-are te pluk. Die Fariseërs sê toe vir Jesus: “Kyk daar, hoekom doen jou dissipels iets wat 'n mens nie op die Sabbatdag mag doen nie?” Jesus het hulle geantwoord: “ Het julle gelees wat Dawid gedoen het toe hy probleme gehad het en toe hy en sy manne honger was? Dit was in die tyd toe Abjatar die hoëpriester was. Dawid het in die tempel ingegaan en hy het die brood geëet wat op die tafel was. Niemand mag daardie brood eet nie, net die priesters mag dit eet. Dawid het ook van die brood gegee vir die mense wat saam met hom was.” Jesus het vir die Fariseërs gesê: “God het die Sabbatdag vir die mens gemaak. Hy het nie die mens vir die Sabbatdag gemaak nie. Daarom, Ek, die Seun van die mens, is die Here wat besluit wat op die Sabbatdag mag gebeur.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Markus 2:23-28

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid