Ek, Miga, sal hartseer wees en treur wanneer die vyande Samaria verwoes, ek sal kaalvoet loop en my klere uittrek. Ek sal skree soos 'n jakkals, en kla soos 'n volstruis. Dit gaan baie sleg met Samaria. Dit gaan nou ook sleg met Juda hier in Jerusalem waar my volk woon. Moenie vir die mense van die stad Gat daarvan vertel nie, moenie daaroor huil nie. Gaan lê in die stof in die stad Bet-Leafra. Kom uit julle stad, mense van die stad Safir. Die vyande vang julle en vat julle weg. Die mense van die stad Saänan kom kaal uit hulle stad. Die mense van die stad Bet-Esel treur oor hulle mense wat dood is, die vyande het hulle stad verwoes. Die mense van die stad Marot het gedink dit sal goed gaan, maar die Here het dit sleg laat gaan met die stad Jerusalem. Mense van die stad Lakis, julle moet die perde inspan voor julle oorlogkarre. Dit is julle wat die mense van Jerusalem en Israel laat sonde doen het. Julle moet die mense van die stad Moreset-Gat groet, hulle moet ook gaan. Die mense wat in die stad Aksib woon, sal nie die konings van Israel kan help nie. Mense van die stad Maresa, die vyande sal na julle toe ook kom. Hulle sal tot by die stad Adullam kom, en niemand sal die Israeliete respekteer nie. Julle moet julle hare afskeer. Skeer julle koppe so kaal soos 'n aasvoël se kop, want die vyande sal die mense van al hierdie stede vang en wegvat.
Lees Miga 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 1:8-16
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's