Daarom sal ek huil en treur, sal ek kaalvoet rondloop, sonder klere. Ek sal tjank soos ’n jakkals en brom soos ’n volstruis. My volk se wond is ongeneeslik. Dit tref die mense van Juda. Dit reik selfs tot by die poorte van Jerusalem. Moenie dit in Gat vertel en daaroor huil nie. Mense van Bet-Leafra, rol liewer in die stof as teken van julle ontsteltenis. Inwoners van Safir, gaan in ballingskap, naak en vernederd. Inwoners van Saänan, waag dit nie buite nie. Die mense van Bet-Esel treur, want hulle stad se fondasie is weggeruk. Die inwoners van Marot wag in spanning dat verligting sal kom, want die HERE se oordeel het al gekom tot by die poorte van Jerusalem. Inwoners van Lakis, span in die strydwaens! In Lakis het die sonde van Juda begin. Die ontrouheid van Israel het by julle begin. Stuur ’n afskeidsgeskenk na Moreset-Gat. Die dorp Aksib het die konings van Israel mislei. Inwoners van Maresa, Ek stuur ’n oorwinnaar teen julle. Die eer van Israel sal tot by Adullam kom. Skeer van hartseer ’n kaal kol op julle koppe ter wille van die kinders wat julle liefhet. Skeer julle koppe kaal soos ’n aasvoël. Want hulle sal van julle weggevat word en in ballingskap geneem word.
Lees MIGA 1
Luister na MIGA 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 1:8-16
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's