Matteus 2:3-8
Matteus 2:3-8 ABA
Toe koning Herodes dit hoor, was hy en al die mense in Jerusalem baie geskok en bekommerd. Koning Herodes het die priesterleiers geroep en ook die skrifgeleerdes. Hulle het 'n vergadering gehou, en koning Herodes het baie vrae vir hulle gevra. Hy wou weet waar die Christus gebore sal word. Hulle het vir hom gesê: “Die Christus sal gebore word in die stad Betlehem in die provinsie Judea, want dit is wat die profeet geskryf het: ‘God het gesê: “ ‘ Jy, Betlehem, in die land Juda, jy is een van die belangrikste stede in Juda. Betlehem, daar sal 'n Leier in jou gebore word, en Hy sal vir my volk Israel sorg soos 'n skaapwagter vir sy skape sorg.’ ” Toe het koning Herodes die sterrekykers laat roep. Hy het gesê hulle moet na hom toe kom maar hulle moet vir niemand daarvan sê nie. Hy het lank met hulle gepraat om presies uit te vind wanneer hulle die eerste maal die ster gesien het. Herodes het die sterrekykers na Betlehem gestuur en gesê: “Gaan vind alles uit oor hierdie Kindjie en soek Hom. As julle Hom kry, dan moet julle vir my kom sê. Ek wil ook gaan en voor Hom kniel en Hom aanbid.”






