In daardie tyd het keiser Augustus gesê al die mense oor wie hy regeer, moet hulle laat registreer. Sirenius was die goewerneur wat in daardie tyd oor die provinsie Sirië regeer het. Al die mense het gegaan om te registreer, elkeen het gegaan na die stad waar sy familie altyd gewoon het. Josef het in Nasaret in Galilea gewoon, maar hy moes na Betlehem gaan om te registreer. Betlehem was die stad van koning Dawid, en Josef was van die nageslag van koning Dawid. Josef was verloof aan Maria. Sy was swanger en sy het saam met Josef gegaan. Toe hulle in Betlehem was, het dit tyd geword dat Maria haar baba moes kry. Haar Seun is gebore. Hy was haar eerste kind. Sy het Hom toegedraai in doeke en Hom neergesit in 'n krip, want daar was nie vir Josef en Maria plek waar die ander mense gebly het nie. Daar was skaapwagters buite in die veld naby Betlehem. Hulle het in die nag hulle skape opgepas. 'n Engel van die Here het by hulle kom staan, en die lig van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle was baie bang. Die engel het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, want ek bring vir julle 'n goeie boodskap. Al die mense sal baie bly wees daaroor. Vandag is julle Redder in die stad van Dawid gebore. Hy is Christus die Here. Julle sal weet dit is Hy wanneer julle 'n baba sien wat toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel nog baie ander engele uit die hemel. Hulle het God geprys en gesê: Prys God in die hoogste hemel. By die mense op die aarde sal daar vrede wees, by die mense vir wie Hy lief is. Die engele het van die skaapwagters weggegaan na die hemel. Toe het die skaapwagters vir mekaar gesê: “Kom ons gaan dadelik na Betlehem sodat ons kan sien wat gebeur het. Dan sal ons sien wat die Here vir ons vertel het.” Die skaapwagters het haastig daarnatoe gegaan en hulle het vir Maria en Josef gekry en ook die baba wat in die krip lê. Toe die skaapwagters dit alles sien, het hulle vir die mense vertel wat die engel vir hulle gesê het oor hierdie Kindjie. Almal wat dit gehoor het, was verbaas oor wat die skaapwagters vir hulle vertel het. Maar Maria het alles onthou en baie maal daaroor gedink.
Lees Lukas 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 2:1-19
4 Days
Christmas is a time to celebrate the greatest gift of all, Jesus. Looking at the story of Christ's anticipated arrival at Christmas reminds us that Jesus came to be the fulfillment of God's promises and faithfulness. All our hopes and prayers are answered in the presence of Jesus, Emmanuel, God with us.
5 Days
The Christmas story is so familiar to those young and old. The manger scenes, shepherds, and wise men are all a part of a narrative that has been retold for over two thousand years. It’s easy to think it has nothing new to teach us. Yet, the word of God is living and active - it works in us in new ways every time we digest it. -Vertical Worship
Our Christmas story starts with the angel’s annunciation to Mary and concludes with the visit of the Magi. In these reflections and applications of the Christmas narrative I will mostly refer to Luke, as his is the fullest of the gospel accounts.
Why was Jesus born? This may seem like a simple question, too familiar to ponder. But as you prepare for Christmas this year, take time to reflect on the deep meaning and purpose of Jesus's birth for your life, and for the whole world. This 5 day series was written by Scott Hoezee, and is an excerpt from the Words of Hope daily devotional.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's