Jona 2:1-9

Jona 2:1-9 ABA

Jona was binne-in die vis en toe het hy tot sy God die Here gebid. Hy het gesê: “Here, dit het sleg gegaan met my, en toe het ek tot U gebid. U het my gehoor en U het my gehelp. Ek was amper dood en ek het geroep en gevra dat U my moet help. U het my gehoor. U het my in die diep water gegooi, in die diepste plek van die see. Daar was water bo-oor my. U het groot branders gestuur, en die water het oor my gespoel. Ek het gedink U het my weggegooi, U wil my nie meer sien nie. Maar ek sal weer u gewyde tempel sien. Die water het my toegemaak, die see was oral rondom my, daar was seegras om my kop. Ek het afgesak tot by die voet van die berge, diep onder in die see. Die aarde het my daar toegesluit, hy wou my altyd daar hou. Maar U, my God die Here, het my gered uit die dood. “Ek was swak en amper dood, maar toe het ek aan U gedink, Here. Ek het tot U gebid in u gewyde tempel. Afgode beteken niks, en die mense wat hulle aanbid, is die mense wat nie meer aan U dink nie, U wat vir hulle goed is. Maar ek, ek wil my danklied vir U offer. Ek wil doen wat ek belowe het. Die Here het my gered.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jona 2:1-9

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid