Job 42:1-6

Job 42:1-6 ABA

Job het toe vir die Here gesê: “Ek weet dat U alles kan doen, niks wat U besluit, is onmoontlik nie. U het vir my gevra of ek dink ek mag sê dat U verkeerd besluit, ék wat so dom is. Nou sê ek: Ek het gepraat oor dinge wat ek nie verstaan het nie, oor wonderlike dinge wat ek nie ken nie. U het gesê ek moet luister, U sal vra, dan moet ek antwoord. Ek het gehoor wat mense oor U sê, maar nou het ek U self gesien. Daarom is ek skaam oor wat ek gesê het, ek is jammer, ek rol rond op die ashoop.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Job 42:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid