Job 37

37
1Die storm laat my hart bewe,
ek skrik en ek ruk.
2Luister goed na die stem van God,
hoor hoe raas en dreun dit!
3Hy stuur die weerlig oral deur die lug,
dit slaan oor die hele aarde.
4En dan raas en dreun die donderweer,
God praat met sy harde stem,
en die donderweer hou aan om te raas
terwyl Hy, die Koning, praat.
5God doen wonderlike dinge
wanneer Hy sy stem laat raas,
Hy doen groot dinge,
dinge wat ons nie verstaan nie.
6Hy sê vir die sneeu:
‘Val op die aarde!’
en Hy sê vir die reën:
‘Maak die grond goed nat!’
7Hy laat al die mense ophou werk
sodat hulle kan sien wat Hy doen.
8Die diere gaan lê
en hulle bly in hulle lêplek.
9Die stormwind kom uit die suide,
die koue winde kom uit die noorde.
10Die wind wat God stuur,
laat die water vries,
dit word een stuk ys.
11God maak die wolke vol water,
die weerlig slaan in die wolke.
12Die wolke draai om en om
wanneer God so besluit,
hulle doen wat Hy sê,
oral op die aarde.
13God stuur die storms
om mense te straf of om
vir die aarde te sorg
of om te doen wat Hy
belowe het.
14Job, jy moet luister na
wat ek sê,
jy moet stilstaan en dink
oor die wonderwerke van God.
15Weet jy hoe God dit alles doen?
Weet jy hoe Hy die weerlig uit die wolke
laat slaan?
16Weet jy hoe die wolke bymekaarkom?
Dit is God wat hierdie wonderlike dinge
laat gebeur,
God wat alles weet.
17Job, jou klere word baie warm
wanneer die warm oostewind waai.
18Jy kan nie die hemeldak maak nie,
die hemeldak wat so hard is soos
'n spieël van metaal.
19Wil jy nou vir ons leer wat ons
vir God moet sê?
Ons weet nie wat om te sê nie,
ons is baie dom.
20Niemand moet vir God sê
dat ek wil praat nie.
Ek wil nie hê dat Hy my moet
laat sterf nie.
21Mense kan nie na die son kyk
wanneer die wind gewaai het
en die wolke weg is nie.
22Wanneer God uit die noorde kom,
dan blink alles soos goud,
almal word bang vir die lig
wat rondom Hom, die Koning, is.
23Ons kan nie naby die Almagtige kom nie,
sy krag is baie groot.
Hy doen reg, Hy is altyd regverdig,
Hy verdruk niemand nie.
24Daarom is al die mense bang vir Hom.
Hy kyk nie na mense wat dink
dat hulle wysheid het, maar hulle het dit nie.”

Tans Gekies:

Job 37: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid