Job 29

29
Job onthou hoe lekker hy gelewe het
1Job het weer begin praat. Hy het gesê:
2“Ek wens ek was nog soos lank gelede,
soos in die tyd toe God my beskerm het.
3God het sy lig oor my laat skyn,
en ek het geweet waar om te loop
wanneer dit donker was.
4Ek was toe jonk en sterk,
en God was saam met my in my huis.
5Die Almagtige was by my,
en my kinders was rondom my.
6Ek het lekker gelewe,
daar was genoeg melk,
meer as genoeg,
en daar was strome olyf-olie.
7Wanneer ek na die poort van die stad gegaan het
en op die oop stuk grond gaan sit het,
8dan het die jongmans
'n entjie weg gaan staan,
en die ou mans het opgestaan
en bly staan.
9Die leiers het stilgebly en hulle het
nie meer gepraat nie.
10Die belangrike mense het
opgehou praat en hulle het
nie weer iets gesê nie.”
Job sê hy was goed vir arm mense
11“Mense wat my gehoor en gesien het,
het my gelukgewens en hulle het goeie dinge
oor my gesê.
12Dit was omdat ek mense gered het
wat hulleself nie kon help nie,
mense wat gevra het dat ek hulle moet help.
En ek het ook weeskinders gehelp
wat niemand gehad het
om hulle te help nie.
13Mense wat naby die dood was, het my geseën,
en weduwees was bly oor wat ek vir hulle gedoen het.
14Ek het altyd reg gedoen aan almal,
ek het dit elke dag gedoen
soos 'n mens elke dag klere aantrek.
15Ek het blinde mense gelei
en ek het mense wat kreupel is,
gehelp om te loop.
16Ek was soos 'n pa vir arm mense,
ek het mense gehelp wanneer hulle
voor die hof moes kom,
mense wat ek nie geken het nie.
17Ek het gekeer wanneer slegte mense
wreed was en wanneer hulle slegte
dinge gedoen het aan ander mense.
18Ek het gedink ek sal lank lewe
en gelukkig sterf,
19ek het gedink ek sal wees soos 'n boom
wanneer sy wortels naby die water is,
elke môre is daar dou op sy takke.”
Job sê mense het hom gerespekteer
20“Mense het my altyd gerespekteer,
en ek het elke dag nuwe krag gekry.
21Hulle het graag geluister na my
en hulle het gewag dat ek vir hulle
sê wat hulle moet doen.
22Wanneer ek klaar gepraat het,
dan was hulle tevrede,
my woorde was vir hulle
soos druppels reën.
23Hulle het gewag dat ek moet praat,
soos hulle gewag het dat dit moet reën,
my woorde was vir hulle so welkom
soos die laat reën.
24Ek was vriendelik met hulle toe hulle
gedink het ek sal nie vriendelik wees nie.
My vrolike gesig het hulle bemoedig.
25Ek was hulle leier en hulle hoof,
ek was soos 'n koning by sy leër,
soos iemand wat mense bemoedig,
mense wat huil en treur.”

Tans Gekies:

Job 29: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid