Job 14

14
1'n Mens, die kind van 'n vrou,
lewe nie lank nie,
en dit gaan nooit heeltemal goed
met hom nie.
2Hy is soos 'n blom wat oopgaan
en wat dan droog word en verlep,
hy is soos 'n skaduwee wat verbykom
en nie stilstaan nie.
3U kyk na so 'n mens,
U wil so 'n mens voor die hof bring.
4Wanneer 'n mens onrein is,
dan is hy onrein, niemand kan dit verander nie.
5Sy tyd om te lewe, is kort,
net U weet hoe lank hy sal lewe.
U het besluit hoe lank hy sal lewe,
en hy sal nie langer lewe
as daardie tyd nie.
6U moet wegkyk en U moet die mens los
totdat hy soos 'n dagloner klaar is
met die werk wat hy moet doen.
7Wanneer iemand 'n boom afgekap het,
dan kan 'n mens hoop dat die boom
weer sal groei en nie sal doodgaan nie.
8Sy wortels in die grond word oud,
dit lyk of hulle droog en dood is,
9maar wanneer die wortels water kry,
dan groei die boom weer,
hy kry nuwe takkies.
10Maar 'n mens word swak, hy sterf
en hy is nie meer daar nie.
11Water raak weg uit die see,
en 'n rivier word droog.
12So sterf 'n mens en hy lewe nie weer nie,
hy word nie weer wakker nie,
niemand sal hom wakker maak nie,
so lank soos wat die hemel daar is.
13Ek wens dat U my wil wegsteek
in die doderyk
en dat U my daar wil hou
totdat U nie meer kwaad is nie.
Ek wens dat U wil besluit hoe lank
ek daar moet bly
en dat U dan weer aan my sal dink.
14Maar kan 'n mens weer lewe
nadat hy gesterf het?
As dit kan gebeur, dan sal ek wag
totdat dit weer goed gaan met my,
ek sal aanhou wag terwyl ek
swaarkry in hierdie lewe.
15U sal roep, en ek sal antwoord.
U sal graag vir my weer wil sien,
vir my wat U gemaak het.
16Ja, dan sal U kyk hoe ek lewe,
maar U sal nie my sonde onthou nie.
17U sal vergeet dat ek opstandig was,
U sal maak of U nie weet dat ek
verkeerd gedoen het nie.
18Maar nee, berge val
en hulle breek stukkend,
rotse gaan weg uit hulle plek,
19water vloei oor klippe
en skuur dit weg,
baie water spoel die grond weg.
So laat U die dinge verdwyn
wat 'n mens graag wil hê.
20U vat die mens weg vir altyd, en hy gaan,
hy lyk nie meer soos hy gelyk het nie,
U stuur hom weg.
21Mense respekteer sy seuns,
maar hy weet dit nie.
Of mense dink sy seuns is nie belangrik nie,
en hy sien dit nie.
22Hy voel net die pyn in sy liggaam
en hy huil en treur oor homself.”

Tans Gekies:

Job 14: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid