My vriende, daar gebeur partymaal met julle verskillende soorte slegte dinge wat vir julle toets. Die dinge wil vir julle laat ophou om God te dien. Julle moet baie bly wees wanneer dit gebeur, want julle weet dat wanneer hierdie dinge julle geloof so toets, dan help dit julle om aan te hou glo. Julle moet so aanhou glo dat julle geloof heeltemal sal wees soos dit moet wees. Julle moet so aanhou glo dat julle alles sal doen wat God wil hê, dan sal julle heeltemal wees soos God wil hê julle moet wees. As daar by julle iemand is wat nie wysheid het nie, dan moet hy vir God vra om vir hom wysheid te gee, en God sal dit gee. Want God gee baie graag, Hy praat nie kwaai met mense wat tot Hom bid nie. Wanneer mense bid, dan moet hulle glo dat God sal gee wat hulle vra, hulle moenie twyfel nie. Want 'n mens wat twyfel, is soos die see se branders, die wind waai die branders heen en weer. Iemand wat twyfel, moenie dink dat die Here vir hom iets sal gee nie, so 'n mens weet nie wat hy moet besluit nie, hy weet nooit wat hy moet doen nie, hy is nie seker nie. 'n Gelowige wat onbelangrik en arm is, moet bly wees dat die Here dink hy is belangrik. Maar 'n gelowige wat ryk is, moet bly wees dat die Here nie dink hy is belangrik nie, want sy baie goed kan wegraak soos 'n veldblom wat verdwyn. Want wanneer die son begin skyn en dit word baie warm, dan word die veldblomme droog en hulle val af en die mooi blomme is nie meer daar nie. So is 'n ryk mens en sy besigheid, hy sal verdwyn soos 'n veldblom. Daar gebeur partymaal dinge wat iemand se geloof toets en wat hom verkeerde dinge wil laat doen. Wanneer so iemand aanhou glo, dan is hy 'n gelukkige mens. Hoekom? Want wanneer God tevrede is met so 'n mens, dan sal God vir hom 'n prys gee, God sal vir hom die ewige lewe gee. God het dit belowe vir die mense wat lief is vir Hom.
Lees Jakobus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 1:2-12
3 Dae
Oorwinning is iets wat binne in die mens posvat en wat 'n mens dan na buite uitleef. Daarom is oorwinning nie 'n plek wat jy bereik nie. Dit is 'n manier van leef ten spyte van jou omstandighede. Om 'n lewe van oorwinning te leef beteken dat jy enige vrese deur geloof in die oë kyk, dat jy getrou bly tydens beproewings en dat jy met hoop besiel is.
4 Days
Life is hard! We are struggling in our relationships and our mental and emotional reserves are empty. We need something far greater than we can touch, purchase or come up with on our own. Something that will help us survive the hardest seasons of life. Join Robin Meadows as she shares this 4-day plan taken from the full length Bible study Joy is a Person: A Deep Dive into Philippians.
5 Days
When trials seem beyond what we can bear, where do we run? Who do we call when we are under attack? This five-day devotion from Thistlebend will help learn how to use the red phone - to run, cling, and hold fast to God, regardless of the circumstances.
Encouragement from a mom who launched her seven children and lived to tell about it. Part 4 of 12 devotions in this series from Robin Meadows.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's