Vriende, die Heilige Gees regeer julle lewens. Daarom, wanneer julle sien iemand doen sonde, dan moet julle mooi met hom praat en hom help om reg te lewe. Maar pasop dat julle nie dieselfde sonde doen nie. Julle moet mekaar help wanneer julle swaarkry, want dan doen julle wat Christus wil hê. Wanneer iemand dink dat hy belangrik is, maar hy is nie belangrik nie, dan dink hy dat hy iets is wat hy nie is nie. Elkeen van julle moet kyk wat hy self doen. As dit goed is, dan kan hy trots voel op dit wat hy self doen, en nie oor die dinge wat iemand anders doen nie. Want elkeen sal self vir God moet verduidelik hoekom hy dinge gedoen het. As iemand die boodskap van God vir julle leer, dan moet julle vir hom ook gee van al die goeie dinge wat julle het. Julle moenie 'n fout maak en dink God is nie belangrik nie. Julle moet dit weet: Die dinge wat julle saai, dit sal julle terugkry. As die dinge wat julle saai, die verkeerde dinge is wat mense graag doen, dan sal julle ook die verkeerde dinge terugkry, julle sal sterf. Maar as die dinge wat julle saai, die dinge is wat die Gees wil hê, dan sal julle die ewige lewe kry wat die Gees vir julle gee. Ja, ons moenie ophou om goeie dinge te doen nie, want as ons aanhou om goeie dinge te doen, dan sal ons op die regte tyd die ewige lewe kry. Daarom, ons moet vir almal goed wees terwyl ons tyd het, vir die mense wat in Christus glo, en dan ook vir ander mense. Nou skryf ek met my eie hand. Julle kan sien hoe groot die letters is. Daardie mense wat aanhou sê julle moet julle laat besny, doen dit omdat hulle net belangstel in mense se liggame. Hulle doen dit, want hulle is bang dat hulle sal swaarkry as hulle moet sê dat mense net moet glo in Christus wat gekruisig is, nie ook in die besnydenis nie.
Lees Galasiërs 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 6:1-12
5 Days
Encouragement from a mom who launched her seven children and lived to tell about it. Part 4 of 12 devotions in this series from Robin Meadows.
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's