Ek is verbaas dat julle in Galasië so gou die genade van God vergeet het. Hy was baie goed vir julle, Hy het vir Christus gestuur. God het gesê julle behoort aan Hom. Maar nou glo julle 'n ander boodskap. Julle moet besef dat daar nie 'n ander goeie boodskap is nie. Die mense daar by julle wat vir julle 'n ander boodskap leer, maak julle deurmekaar en hulle maak die goeie boodskap van Christus vals. Niemand mag vir julle iets anders preek nie, hy mag net die goeie boodskap preek wat ek gepreek het. Ek mag nie 'n ander boodskap preek nie, en 'n engel uit die hemel mag ook nie. As iemand dit doen, dan sal God hom straf! Ek sê weer vir julle: Julle het die goeie boodskap by my gehoor, en God sal elkeen straf wat 'n ander boodskap preek! Daar is mense wat sê ek gebruik mooi woorde sodat mense of God moet dink ek is goed. Hulle sê ek probeer dinge sê waarvan mense hou. Dit is nie waar nie. As ek dit doen, dan is ek nie 'n dienaar van Christus nie. Vriende, dit is vir my baie belangrik dat julle dít moet besef: Die goeie boodskap wat ek preek, kom nie van mense nie. Ek het die boodskap nie by mense gekry nie, ek het dit ook nie by iemand geleer nie. Jesus Christus het dit self vir my gegee toe Hy aan my verskyn het.
Lees Galasiërs 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 1:6-12
5 Days
In a football game, there is a third team on the field—a team of officials who get their authority by executing the rulebook. Just as the authority in a football game rests in the rule book the officials use, authority in God’s kingdom rests in His rule book, the Bible. In this five-day reading plan, Dr. Tony Evans will introduce you to bibliology: the study of the Bible.
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's