Esra 2

2
Die mense wat teruggekom het saam met Serubbabel
(Kyk ook Neh 7:6-68)
1Hier is 'n lys van die mense van die provinsie Juda wat teruggekom het van Babel. Koning Nebukadnesar van Babel het hulle voorheen weggevat na Babel, en hulle was daar gevangenes. Nou het hulle teruggekom na Jerusalem en Juda, elkeen het teruggekom na sy eie stad. 2Hulle het gekom saam met Serubbabel, en saam met Jesua, Nehemia, Seraja, Reëlaja, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna. Hier is 'n lys van die families van die volk Israel wat saamgekom het en hoeveel mense in elke familie was. 3Die families was:
Paros, hulle was almal saam 2 172 mans, 4Sefatja 372, 5Arag 175 6Pagat 2 812, dit was die Jesua-familie en die Joab-familie, 7Elam 1 254, 8Sattu 945. 9Sakkai 760, 10Bani 642, 11Bebai 623, 12Asgad 2 222, 13Adonikam 666, 14Bigwai 2 056, 15Adin 454, 16Ater 98, dit was 'n Hiskia-familie, 17Besai 323, 18Jora 112, 19Gasum 223, 20Gibbar 95.
21Daar was ook mense van hierdie stede:
Van Betlehem was daar 23 mense, 22van Netofa 56, 23Anatot 128, 24Asmawet 42, 25Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743, 26Rama en Geba 621, 27Mikmas 122, 28Bet-El en Ai 223, 29Nebo 52, 30Magbis 156, 31die ander Elam 1 254, 32Garim 320, 33Lod, Gadid en Ono 725, 34Jerigo 345, 35en Senaä 3 630.
36Die priester-families was Jedaja, van die nageslag van Jesua, hulle was 973, 37Immer 1 052, 38Pasgur 1 247 39en Garim 1 017.
40Die Leviete-families was Jesua en Kadmiël, altwee uit die Hodauja-familie, hulle was 74. 41Die mense wat moes sing, was die Asaf-familie, hulle was 128. 42Die poortwagte was die families Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai, hulle almal saam was 139.
43Die tempel-slawe was die families Siga, Gasufa, Tabbaot, 44Keros, Siaä, Padon, 45Lebana, Gagaba, Akkub, 46Gagab, Samlai, Ganan, 47Giddel, Gagar, Reaja, 48Resin, Nekoda, Gassam, 49Ussa, Paseag, Besai, 50Asna, Meïnim, Nefisim, 51Bakbuk, Gakufa, Gargur, 52Baslut, Megida, Garsa, 53Barkos, Sisera, Temag, 54Nesiag en Gatifa.
55Die nageslag van die slawe van Salomo was die families Sotai, Hassoferet, Peruda, 56Jala, Darkon, Giddel, 57Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Ami.
58Die tempel-slawe en die persone van die nageslag van Salomo se slawe was almal saam 392.
59Daar het ook persone gekom uit die stede Tel-Melag, Tel Garsa, Kerub-Addan en Immer, maar hulle kon nie bewys aan watter families hulle behoort het en wie hulle voorvaders is en dat hulle Israeliete is nie. 60Dit was 652 persone van die families Delaja, Tobija en Nekoda. 61Die priester-families was Gobaja, Kos en Barsillai. Barsillai het getrou met 'n dogter van Barsillai van Gilead, en toe het hy homself ook Barsillai genoem. 62Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, daarom kon hulle nie meer priesters wees nie. 63Die goewerneur het vir hulle gesê hulle mag nie eet van die hoog-gewyde offers nie. Hulle moes wag totdat 'n priester vir die urim en die tummim gevra het wat met hulle moet gebeur.
64Die mense wat teruggekom het, was almal saam 42 360. 65Daar was ook nog 7 337 slawe en slavinne en 200 mans en vroue wat moes sing. 66Hulle het 736 perde, 245 muile, 67435 kamele en 6 720 donkies gehad.
Die familiehoofde gee geld om die tempel te bou
68Toe die familiehoofde by die tempel-gronde in Jerusalem kom, het hulle self besluit om geld te gee om die tempel weer te bou op die plek waar dit was. 69Elke familiehoof het gegee wat hy kon gee om die tempel te bou. Dit was 61 000 goue darieke, 5 000 mines silwer, en rokke vir 100 priesters.
Hulle bou die brandoffer-altaar
70Die priesters en die Leviete en party van die ander mense en die mans en vroue wat gesing het en die tempel-slawe het in hulle stede gaan woon, en al die ander Israeliete het in hulle eie stede gaan woon.

Tans Gekies:

Esra 2: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid