Eksodus 8:16-19

Eksodus 8:16-19 ABA

Die Here het vir Moses gesê hy moet vir Aäron sê: “Slaan met jou kierie op die grond. Die stof sal dan in muggies verander, en Egipte sal vol muggies wees.” Moses en Aäron het dit gedoen. Aäron het met sy kierie op die grond geslaan. Die stof het in muggies verander en hulle het oral op die mense en die diere gaan sit. Al die stof in die hele Egipte het in muggies verander. Die towenaars het probeer om dieselfde te doen. Hulle wou ook die stof in muggies verander, maar hulle kon nie. Die muggies was op al die mense en al die diere. Die towenaars sê toe vir die farao: “Dit is God wat die muggies gestuur het!” Maar die farao was hardkoppig, hy het nie na hulle geluister nie. Dit het gebeur soos die Here gesê het.

Video vir Eksodus 8:16-19