Efesiërs 2:1-3

Efesiërs 2:1-3 ABA

Voorheen, voordat julle in Christus geglo het, was julle geestelik dood, want julle het baie verkeerde dinge, baie sondes, gedoen. Julle het gelewe soos die mense van die wêreld lewe. Julle het gedoen wat die Satan wil hê julle moet doen. Die Satan is die hoof van die bose geeste wat oor die wêreld wil regeer en dit is hy wat nou werk in die harte van die mense wat ongehoorsaam is aan God. Ons almal het ook soos daardie mense gelewe wat graag slegte dinge doen. Ons het slegte dinge gedoen en slegte planne gemaak. Ons was sleg vandat ons gebore is, so sleg soos al die ander slegte mense, en God sal slegte mense straf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid