2 Petrus 3:3-9

2 Petrus 3:3-9 ABA

Dit is belangrik dat julle dit moet weet: In die laaste dae van die wêreld sal daar mense kom wat baie sal spot met ander mense. Hulle sal spot en hulle sal die slegte dinge doen wat hulle graag wil doen. Hulle sal sê: “Die Here het belowe dat Hy weer sal kom, maar hoekom het Hy nog nie gekom nie? Want ons voorvaders het lank gelede gesterf, maar alles bly dieselfde soos dit van die begin af was toe God alles gemaak het.” Die mense wat spot, sal hierdie dinge sê, want hulle wil nie onthou dat die hemel lank gelede klaar daar was en dat die aarde uit die water gekom het nie. God het gesê dit moet so wees. Hy het die aarde uit die water laat kom. God het gesê die water moet oor die wêreld van daardie tyd vloei en dit moet die wêreld verwoes. Dit is ook God wat gesê het dat die hemel en die aarde wat nou daar is, nog daar moet wees en dat Hy dit sal verbrand op die oordeelsdag wanneer Hy die sondaars vir altyd sal laat sterf. Maar my vriende, julle moenie hierdie een ding vergeet nie. Een dag is vir die Here soos 1 000 jaar, en 1 000 jaar is vir Hom soos een dag. Party mense dink dat die Here 'n lang tyd neem om te doen wat Hy belowe het. Maar dit is nie waar nie. Nee, die Here is jammer vir julle, want Hy wil nie hê dat party mense verlore moet gaan nie. Hy wil hê dat al die mense moet lewe soos Hy wil hê hulle moet lewe.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid