Ons liggame is soos 'n tent waarin 'n mens woon. Ons weet, wanneer God hierdie tent van ons afbreek, die tent wat op die aarde is, dan het ons 'n gebou van God in die hemel. Dit is nie mense wat dit gebou het nie, en dit is vir altyd. Terwyl ons in hierdie tent van ons woon, kla en sug ons. Ons verlang om ons hemelse gebou bo-oor ons tent te sit. Wanneer ons weggegaan het uit hierdie tent op die aarde, dan wil ons nie niks hê nie. Ja, ons wat nog in die aardse tent woon, sug. Ons kry swaar, want ons is bang om weg te gaan uit die aardse tent. Ons wil die hemelse gebou bo-oor die tent sit sodat ons hemelse lewe dadelik sal kom in die plek van ons aardse lewe. Dit is God wat ons gereedgemaak het om dadelik te verander. Hy het sy Gees vir ons gegee, en so weet ons dat God vir ons alles sal gee wat Hy vir ons belowe het. Maar ons glo en vertrou altyd. Ons weet dat ons nog nie by die Here woon terwyl ons in ons liggame woon nie. Ons moet glo terwyl ons hier op die aarde lewe. Ons sien nog nie alles soos dit sal wees nie. Maar ons glo en vertrou en ons verlang daarna om nie meer in ons liggame te woon nie, ons verlang om by die Here te woon.
Lees 2 Korintiërs 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Korintiërs 5:1-8
7 Days
We're always told, "It's just another part of life," but trite sayings don't make the sting of losing a loved one any less painful. Learn to run to God when facing one of life's most difficult challenges.
9 Dae
Die dood is deel van die lewe. Of so is ons geneig om te dink. Die Here God het egter die dood oorwin. Hy bied aan ons die ewige lewe. Verbonde aan Hom ervaar ons 'n volheid van lewe in liggaam en siel.
14 Days
Don’t get over it. Get through it. Dr. Carol Peters-Tanksley helps you discover your unique path through the grieving process in this powerful fourteen-day journey.
15 Days
Over the course of 15 days, Paul David Tripp will remind you of God’s grace towards you—truths that never grow old. When “behavior modification” or feel-good aphorisms aren’t enough to make you new, learn to trust in God’s goodness, rely on His grace, and live for His glory each and every day.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's