1 Timoteus 4:11-16

1 Timoteus 4:11-16 ABA

Jy moet aanhou om hierdie dinge vir die mense te sê en om dit vir hulle te leer. Jy is jonk, maar niemand moet dink daarom is jy nie belangrik nie. Nee, jy moet vir die gelowiges wys hoe hulle moet lewe. Jy moet dit vir hulle wys met wat jy sê en met jou mooi lewe. Jy moet wys dat jy lief is vir mense, en jy moet aanhou glo en jy moet heeltemal reg lewe. Jy moet aanhou om vir die gemeente te lees uit die Bybel. Jy moet aanhou om vir hulle te sê hoe hulle moet lewe en jy moet aanhou om vir hulle te leer. Jy moet dit doen totdat ek kom. Jy moet aanhou om die genadegawe te gebruik wat jy gekry het. Die Here het hierdie genadegawe vir jou gegee. Die profete het dit gesê, en die ouderlinge het hulle hande op jou gesit. Jy moet aanhou om hierdie dinge te doen, jy moet so lewe dat almal kan sien dat jy meer en meer glo. Jy moet baie goed dink en versigtig wees oor hoe jy lewe en wat jy vir die mense leer. Jy moet aanhou om reg te lewe en om vir die mense reg te leer, want as jy hierdie dinge doen, dan sal jy jouself red en ook die mense wat luister na jou.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Timoteus 4:11-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid